Wesrand Herlewing Sentrum
Dr Matt Snyman

Past André Ludick

 

 

Sondae Dienste 9:00 en 18:00

Sondae Gedurende Oggend Diens Kingdom Kids

Dinsdae Bid uur om 19:00

Vrydag  Power of Youth  om 19:00

As Herderspaar, Het ons die Roepstem van die HERE baie duidelik gehoor, in Februarie van 2008 word Wesrand Herlewingsentrum Gebore.

Ons begin met 'n klein groepie mense op kampstoele in n ingangs portaal van 'n panneelklopper.

Danksy die Here het ons gegroei na mooi en gesonde groep mense wat gebind is met 'n band van Liefde.

Ons het nou 'n pragtige aanbidings plek met al die nodige instumente en tegnise toerusting ook het ons een van die beste orkeste in die land wat ons lei na fantastiese lofprysing en aanbidding.

Die Boodskappe wat die Here vir ons gee is besig om ons gemeente na 'n NUWE Dimensie te Lei, ons word deur die volheid en Heerlikheid oorweldig. Ons Dank die Here vir wat Hy in ons bediening doen en glo dat ons gemeente 'n toevlugsoord vir die behoeftiges is.

Die Seeninge wat ons huidiglik ervaar en so oorvloedig oor ons gestort word, glo ons is net 'n druppel in die emmer van dit wat nog oppad is vir die gemeente.